Choice Made Simple!
Too many options?Click below to purchase an online gift card that can be used at participating retailers in Village Green Shopping Centre and continue your shopping IN CENTRE!Purchase HereHome
Lokstem van die liefde
Coles
Loading Inventory...
Lokstem van die liefde in Vernon, BC
By None
Current price: $6.79
Original price: $7.49

Coles
Lokstem van die liefde in Vernon, BC
By None
Current price: $6.79
Original price: $7.49
Loading Inventory...
Size: Kobo eBook
*Product information may vary - to confirm product availability, pricing, shipping and return information please contact Coles
Louise Barnard is in die wolke wanneer haar vriend, die aantreklike, skatryk Eben Griesel vir haar die woonstel wat hy vir hulle uitgesoek het gaan wys. Mevrou Louise Griesel, mymer sy, drome wasig in haar oë terwyl sy opkyk na Eben wat langs haar in die hysbak staan. Sy glimlag met hom. Hy het reeds hulle woonstel gekies, hoewel hulle nog nie op 'n troudatum besluit het nie. Maar só het sy Eben die afgelope maande leer ken. Hy dink aan die praktiese dinge en 'n woonplek sal beslis vir hom van groter belang wees as al die beplanning en gepraat en bespiegelinge oor 'n geskikte troudatum en hoe groot die huweliksonthaal gaan wees. Net 'n paar minute later, in dieselfde woonstel waaroor Louise so baie drome gedroom het, spat haar hele wêreld erger aan skerwe. Eben het beslis nie aan die beplanning óf 'n geskikte datum vir hulle huwelik gedink nie. Tewens, niks was verder uit sy gedagtes verwyder as juis ‘n huwelik met Louise nie. Sy idee was suiwer dat hy en sy moes saambly – soos sy antwoord op haar weersin dan ook getuig – “Genugtig, Louise, trou is so uit die mode soos Kersvader en Kerskabouters!” het hy gesmaal terwyl sy so vinnig moontlik van hom af probeer wegvlug het. Met haar vertroue in mans geheel en al vernietig, besluit Louise om uit Johannesburg pad te gee. Sy moet wegkom van Eben af . . . van die smet wat sy idees in haar binneste gelos het, en die huis wat haar moeder kort gelede van haar tant Ragie de la Rey op Rheedershoop geërf het, bied aan haar ‘n salige heenkome. Maar Louise het nie rekening gehou met die ander De la Reys van Rheedershoop nie. Met Lafras, die breedgekouerde padbou-ingenieur met die gesig wat lyk of dit uit graniet gebeitel is nie. Ook nie met Theresa Hattingh, die skatryk, suksesvolle, talentvolle, aantreklike vrou, soos iemand haar aan Louise beskryf het, wat Lafras de la Rey vir haarself toegeëien het, of met Belinda, die agtienjarige prikkelpop op wie Lafras ooglopend op sý beurt verlief is nie. Wanneer, o wanneer, so het Louise se hart telkens geweeklaag, sou die lokstem van die liefde háár weer roep. Wanneer . . .?